Is die Amsterdamse stadsargitektuur die mees hemels in die wêreld? Winkels, huise, alles baie aangenaam. Burgerlik. (Ek moet teruggaan.)
Die Nederlanders het ’n samelewing met ’n semi-republikeinse mentaliteit maar met (amper) al die geseënde vrugte van ’n koninkryk. Beste van alle moontlike wêrelde…
Wag vir die bus — St George’s-straat, 1974 [link]
Inkopies saam met Pa, Die Parade (Grand Parade), 1960 [link]
Dame met Vespa, hoek van St George’s- en Waterkantstraat, 1960 [link]
Hoek van Darling- en Parlement-straat, 1946 [link]
Tydsrik verkoper, 1970 [link]
Die blommedames, 1946 [link]
Kortmarkstraat, 1960 [link]
“Tweee virrie prys van een!” J. Adonis vishandelaar, Distrikt Ses, 1968 [link]
Poseer vir die kamera, Bo-Kaap, 1962 [link]
Besoekers-buro, Adderleystraat, 1950s [link]
Die balkon by Stuttaford’s afdelingswinkel, 1968 [link]
Oud en nuut: die Koopmans-de Wet Huis, Strandstraat, 1981 [link]
Kampsbaai, 1974 [link]
Die Parade, 1962 [link]
Vierde Strand, Clifton, 1960s [link]
Clifton Hotel, 1961 [link]
Bloemstraat, Bo-Kaap, 1974 [link]
Bryantstraat, Bo-Kaap, 1978 [link]
Die Eerste-Minister sorg vir sy blomme, Groote Schuur, 1946 [link]
Muizenberg strand, 1965 [link]
Was dag, Bo-Kaap, 1961 [link]
Vishoekstrand, 1970 [link]
Stirling Castle vertrek vir Southampton, 1966 [link]
Boekkopers op die Parade, 1960 [link]
Pentzstraat, Schotschekloof, 1961 [link]
Nuwe kar, Blouberg, 1965 [link]
Simonstad spoorlyn, tussen Glencairn en Sandy Cove, 1989 [link]
’n SAS&H toeriste-bus, Groot Constantia, 1951 [link]
Saterdag-middag, Burgstraat, 1979 [link]
Wasdag is verby, Bo-Kaap, 1965 [link]
Kenilworth renbaan, die Metropolitan Handicap, 1962 [link]
Die prinses Elizabeth (later Elizabeth II, Koningin van Suid-Afrika), verwelkomingsparty by Tuynhuis, 1947 [link]
Die Noon Gun, Leeukop, 1967 [link]
Bloubergstrand, 1950s [link]
JA JA JA, ons onthou: die Amerikaanse Episcopaalse biskop Phillips Brooks was nie ’n bolwerk van ortodoksie nie. Hy het die ryk van gevoel bo die waarheid verhef, maar nie noodwendig teen die waarheid nie — hulle het in die negentiende eeu nog ’n bietjie politesse gehad.
Soos R.R. Reno geskryf het: Brooks “het geen moeilike teologiese kwessies gedink of enige nuwe intellektuele grond gebreek nie.” In Nieu-Engeland was hy “heeltemal afgeleide en uiters invloedryk”.
Reg genoeg… en vandag leef ons in Brooks se nawêreld. Maar hy het ’n klein geskenk aan die wêreld gegee, en sy klein geskenkie was ’n lofsang — ’n Kersfees liedtjie.
Die wysie wat in Amerika gebruik word, is sakkarien. Maar die Britse een — “Forest Green” — is melodieus en goed. (’n Video hieronder, en Engels, gesing deur die koor van St George’s in Windsor-kasteel.)
Toe God se Seun gebore is,
was daar geen plek vir Hom;
so word ’n donker dierestal
’n helder heiligdom.
O Koningskind daar in die krip,
U kom hier by ons woon.
Net U versoen ons sondeskuld
en maak ons lewe skoon.